AR distansieer hom van NEFF-bedrywighede

Die Affirmative Repositioning-beweging distansieer homself van die onlangse protesaksies by werksplekke sowel as China Town in die hoofstad. Sy stigter en leier, Job Amupanda sê die beweging het wel groot kommer oor die mishandeling van werkers en voorkeur wat baie keer aan buitelanders gegee word maar, hy is nie deel van die Namibia Economic Freedom Fighters se pogings en bedrwyighede nie. Hy sê AR-aktiviste wat aan NEFF se aksies deelneem, dit doen in hul privaat kapasiteit. Hy het natuurlik melding gemaak van Dimbulukeni Nauyoma. Hy sê hy het ook opdrag aan hul regslui gegee om ondersoek in te stel of dit moontlik is om te appelleer teen die weiering van borg aan Nauyoma en sy kameraad Micheal Amushelelo. ‘n Perskonferensie sal binnekort in die verband gehou word.