Stompkop-kewer is grootste uitbreking van indringerplaag wêreldwyd

Die potensiële impak van die stompkop-kewer op die Suid-Afrikaanse ekonomie van Suid-Afrika, kan ’n yslike R275 miljard oor die volgende tien jaar beloop, en munisipaliteite sal hierdie las moet dra indien niks gedoen word om hierdie indringer te stuit nie. Die stompkop-kewer is in 2012 vir die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk en het sedertdien na agt van Suid-Afrika se nege provinsies versprei, wat dit tans die grootste uitbreking van hierdie indringerplaag wêreldwyd maak. Prof Francois Roets, ’n ekoloog in die Universiteit Stellenbosch se departement bewarings-ekologie en entomologie en een van die mede-outeurs, sê ’n boomryke dorp soos Stellenbosch loop die gevaar om 20 000 van die groot ou eikebome en plataanbome langs sy strate te verloor.