Cruz weier om te antwoord oor massaskietery wat net in VSA plaasvind

Die massaskietvoorval by die Robb-laerskool in Uvalde, Texas, bly in die nuus. Die fokus het nou geskuif na beter wapenbeheer en die Republikeinse Party is tradisioneel geaffilieer met die National Rifle Association wat ook baie befondsing aan sy kandidate gee en talle politieke verbintenisse met die party het. Media het senator Ted Cruz, ‘n groot ondersteuner van die NRA, by die 21 leerders en onderwysers se gedenkdiens voorgekeer en hom gevra hoekom die probleem net in die VSA bestaan.

Cruz ontvang volgens berigte jaarliks net meer as 176 000 Amerikaanse dollar van die NRA, terwyl Mitch McConnell, wat na die skietery gesê het stappe moet geneem word, 1,3 miljoen Amerikaanse dollar van die vereniging ontvang.