NEFF hou vreedsaeme betoging op Oshakati
Die Namibia Economic Freedom Fighters, NEFF, het ‘n protes-optog teen Chinese winkeliers op Oshakati gehou. NEFF eis dat Chinese winkel landwyd gesluit word totdat hul aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma borgtog toegestaan is. Daar was swaar polisie-teenwoordigheid by Etango-winkelsentrum waar betogers byeengekom het. Nampol se streeksbevelvoerder van die Oshana-streek, kommissaris Rauha Amwele, sê aan […]
SA Sitrusvereniging sê konflik in Oekraïne plaas druk op produsente
Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê die groot styging in kunsmis-, brandstof- en landbou-chemiese pryse weens die konflik in Oekraïne sal steeds druk op Suider-Afrikaanse sitrusprodusente en boere wêreldwyd plaas. Suid-Afrika se algehele sitrus-uitvoere na Rusland het met byna 70 persent gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die vereniging se woordvoerder, Justin Chadwick, sê die […]
Ysland se perde kan e-posse stuur
Ysland het met ‘n unieke manier vorendag gekom om mense te help om af te skakel as hulle met vakansie in die land is – hulle gebruik perde om hul werk-e-posse in hul afwesigheid te beantwoord. Groot sleutelbord-matte word in die diere se kamp geplaas waar hulle oor die sleutels kan loop, draf en galop. […]
Groot verligting vir bloedbank toe leerders aantree
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het, tot sy groot verligting, bloedskenkings van 1 000 leerders in die Noorde van die land ontvang. Die bloedbank gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder erge tekorte en moedig steeds die publiek aan om te skenk as hulle in staat is om dit te doen. Titus Shivute van die diens, het […]
Keetmans-inwoners moet waardasierol gaan besigtig
Keetmanshoop se waardasierol is beskikbaar vir inwoners. Volgens die munisipaliteit is die rol tydens normale werksure by die munisipale kantoor beskikbaar sodat inwoners hulle kan vergewis van die jongste syfers. Die bedrae beïnvloed tariewe en belasting en inwoners het tot 24 Junie om ‘n draai te maak. Dawn Kruger, munisipale woordvoerder sê dit is uiters […]
Kaapstad spreek behuising aan
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad beplan die bou van meer as 6 500 maatskaplike behuisingseenhede. Dit sluit in 2 000 eenhede in die sentrale stadsgebied, en 2 500 in die gebied aan Voortrekkerweg. Hy sê die projek sluit ook in 365 gemengde mark-eenhede en 165 maatskaplike eenhede in Woodstock.
Afrika moet stappe neem om voedselkrisis af te weer
Die sekretaris-generaal van die Afrika-vasteland se Vrye Handelsgebied, Wamkele Mene, sê Afrika moet gebruik maak van sy hulpbronne om ‘n dreigende voedselkrisis af te weer. Mene sê die Russies-Oekraïnse konflik het Afrika se swakpunt ten opsigte van voedelsekerheid blootgelê. Mene het in Akkra, Ghana, gepraat op die Afrika Ontwikkelingsbankgroep se jaarvergadering. Hy sê 43 uit […]
Freddy en Agnes sal wag vir die hof
Regslui vir beide die sportminister Agnes Tjongarero en die hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie Freddy Mwiya het ooreengekom op ‘n interdik wat die minister verhoed om sy pos te adverteer tot ‘n hof beslis het oor of die minister die gesag het om die pos te beïnvloed. Dit kom na Tjongarero wou keer dat hy […]
Nam se visserye vertoon goed, klimaatsverandering het nog nie impak nie
Vis bly ‘n uiters belangrike natuurlike hulpbron vir Namibië en die jongste ontleding toon dat visserye 40 persent van die bydrae vir landbou in die land verlede jaar gemaak het. Die goeie nuus is dat daar tot op hede, geen wesenlike impak van klimaatsverandering op die plaaslike bedryf is nie, maar, daar is wel ander […]
Tweede belasting-amnestie begin Woensdag
Die Namibiese Inkomste-agentskap het amptelik sy nuwe verligtingsprogram bekend gestel. Die program skop op 1 Junie af en loop volgende jaar Maart tot ‘n einde. Dit word weer deur die aanlynstelsel ITAS gedoen en daar is weer goeie voordele – maar dit is die laaste keer wat die verligting aangebied sal word. Steven Ndorokaze, woordvoerder […]