Ysland se perde kan e-posse stuur 

Ysland het met ‘n unieke manier vorendag gekom om mense te help om af te skakel as hulle met vakansie in die land is – hulle gebruik perde om hul werk-e-posse in hul afwesigheid te beantwoord. Groot sleutelbord-matte word in die diere se kamp geplaas waar hulle oor die sleutels kan loop, draf en galop. Die antwoorde is natuurlik onleesbaar, maar gee vakansiegangers nietemin die gevoel dat hulle regtig kan ontspan. ‘n Woordvoerder van OutHorse Your Email sê hul talentvolle perde het die diens heel natuurlik begin uitvoer.