Nam se visserye vertoon goed, klimaatsverandering het nog nie impak nie

Vis bly ‘n uiters belangrike natuurlike hulpbron vir Namibië en die jongste ontleding toon dat visserye 40 persent van die bydrae vir landbou in die land verlede jaar gemaak het. Die goeie nuus is dat daar tot op hede, geen wesenlike impak van klimaatsverandering op die plaaslike bedryf is nie, maar, daar is wel ander uitdagings. Theo Klein, ekonoom van Simonis Storm in die hoofstad, verduidelik.