Groot verligting vir bloedbank toe leerders aantree

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het, tot sy groot verligting, bloedskenkings van 1 000 leerders in die Noorde van die land ontvang. Die bloedbank gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder erge tekorte en moedig steeds die publiek aan om te skenk as hulle in staat is om dit te doen. Titus Shivute van die diens, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.