Keetmans-inwoners moet waardasierol gaan besigtig

Keetmanshoop se waardasierol is beskikbaar vir inwoners. Volgens die munisipaliteit is die rol tydens normale werksure by die munisipale kantoor beskikbaar sodat inwoners hulle kan vergewis van die jongste syfers. Die bedrae beïnvloed tariewe en belasting en inwoners het tot 24 Junie om ‘n draai te maak. Dawn Kruger, munisipale woordvoerder sê dit is uiters belangrik veral as daar besware is.