NEFF hou vreedsaeme betoging op Oshakati

Die Namibia Economic Freedom Fighters, NEFF, het ‘n protes-optog teen Chinese winkeliers op Oshakati gehou. NEFF eis dat Chinese winkel landwyd gesluit word totdat hul aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma borgtog toegestaan is. Daar was swaar polisie-teenwoordigheid by Etango-winkelsentrum waar betogers byeengekom het. Nampol se streeksbevelvoerder van die Oshana-streek, kommissaris Rauha Amwele, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die optog was vreedsaam en die betogers het hul petisie aan die Chinese burgers oorhandig.