SA Sitrusvereniging sê konflik in Oekraïne plaas druk op produsente

Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê die groot styging in kunsmis-, brandstof- en landbou-chemiese pryse weens die konflik in Oekraïne sal steeds druk op Suider-Afrikaanse sitrusprodusente en boere wêreldwyd plaas. Suid-Afrika se algehele sitrus-uitvoere na Rusland het met byna 70 persent gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die vereniging se woordvoerder, Justin Chadwick, sê die versending kos nou twee keer meer as wat dit in ‘n hele jaar kos om te vervaardig.