Nanso, NSFAF en hoër onderwysministerie vergader
Die president van die Namibiese Studente-organisasie, Nanso, Lucia Ndishishi, vergesel van die sekretaris-generaal en die sekretaris vir hoër onderwys, het vandag ‘n vergadering gehou met die ministerie van hoër onderwys en die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente. Die leierskap het verskeie kwessies met die ministerie en hulpfonds bespreek en die vergadering was positief, het Dorothea […]
Sahpra beëindig Ivermektien-beheerde toegangsprogram
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die Ivermektien-beheerde toegangsprogram beëindig. Dit volg nadat ‘n studie getoon het die middel slaag nie daarin om Covid-pasiënte se risiko van hospitaal-opnames te verminder nie. Sahpra sê hy sal voortgaan om wetenskaplike literatuur oor die veiligheid en doeltreffendheid van Ivermektien te monitor. Die Verenigde State se Voedsel- en Dwelm-administrasie […]
Teddiebeer-stigting vra strenger wetgewing teen kindermishandeling
Die Teddiebeer-stigting sê Suid-Afrika het regshervorming nodig wat sal verseker kinders kry beter ouersorg terwyl oortreders ook beter vasgevat word. Kinderbeskermingsweek is van stapel gestuur. Die Direkteur van die stigting, Shaheda Omar, sê die veldtog moet mense herinner kinderbeskerming is almal se verantwoordelikheid, en moet regdeur die jaar gebeur. Sy voeg by daar moet meer […]
Afrigter Henk Botha verduidelik Mboma en Masilingi se beserings
Atletiekafrigter Henk Botha het bevestig dat die Namibiese Olimpiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi nie aan die Afrika Atletiek-kampioenskappe vanaf 8 tot 12 Junie in Mauritius gaan deelneem nie, weens beserings. Botha verduidelik …
Tienerkwessies in Zambezi-streek ‘n uitdaging
Meisies so jonk as 13 jaar oud in die Zambezi-streek is besig met seksuele aktiwiteite met sogenaamde “blessers” so oud soos 50. Dit is deur die owerhede in die streek onthul na aanleiding van ‘n 15-jarige meisie wat verlede week in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord in verband met die dood […]
Windhoekse hoërhof gee uitspraak oor PDM-LP’s
Die Windhoekse hoërhof het ses Nasionale Vergadering-lede van die Popular Democratic Moement van hul setels in die parlement verwyder en beveel dat ses ander PDM-lede in hul plek as LP’s ingesweer moet word. Regters Peter Shivute, Petrus Damaseb en Theo Frank het vandag dié bevel gemaak in ‘n appèlsaak oor die verwydering van ses mense […]
Adv. Dali Mpofu appelleer teen sy vermeende-brandstigter-kliënt se geen borgtog
Die regsverteenwoordiger van die beweerde parlementêre brandstigter Zandile Mafe sê die verklaring wat hy na bewering voor die polisie gemaak het, is nie ‘n bekentenis nie. Advokaat Dali Mpofu sê Mafe het onder eed erken hy is gedwing om ‘n vals verklaring af te lê. Mpofu sê die staat kon nie Mafe se verklaring onder […]
Kaapstad se energieprogam sal mettertyd beurtkrag uitfaseer
Die Stad Kaapstad se vierde Kaapstad-status van Energie- en Koolstof-verslag is vrygestel. Die verslag wil data-ryke bewyse vir besluitnemers en operasionele deursigtigheid in die energiesektor gee. Die burgemeesterskomiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê die verslag ondersoek hoe aspekte van elektrisiteit, vervoer en afval omgeskakel kan word in meer volhoubare operasies. Sy voeg by die […]
Eskom: Fase 2-beurtkrag ingestel
Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag word weer van vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand ingestel ná ‘n opwekkingseenheid by beide Majuba- en Medupi-kragstasies onklaar geraak het. Volgens die kragvoorsiener word verwag dat drie opwekkingseenhede teen vanaand weer in werking sal wees. Eskom sê in ‘n verklaring daar is tans 2 246 MegaWatt se beplande instandhouding, maar […]
N$100 miljoen om Mpacha-lughawe op te gradeer
Sowat 100 miljoen Namibiese dollar is nodig om die Mpacha-lughawe by Katima Mulilo na internasionale standaard op te gradeer om toeriste en reisigers vir die Kavango Zambezi-oorgrensbewaringsgebied te ontvang. Volgens die direkteur van toerisme in die omgewingsministerie, Sebulon Chicalu, sal Namibië na verwagting vanjaar die KAZA UNIVISA-projek onderteken, wat daarop gemik is om toegang van […]