Windhoekse hoërhof gee uitspraak oor PDM-LP’s

Die Windhoekse hoërhof het ses Nasionale Vergadering-lede van die Popular Democratic Moement van hul setels in die parlement verwyder en beveel dat ses ander PDM-lede in hul plek as LP’s ingesweer moet word. Regters Peter Shivute, Petrus Damaseb en Theo Frank het vandag dié bevel gemaak in ‘n appèlsaak oor die verwydering van ses mense van die PDM se kandidatelys vir die 2019 Nasionale Vergadering-verkiesing, en hul vervanging met ander kandidate, ná die verkiesing. Windhoekse prokureur Norman Tjombe het die ses kandidate verteenwoordig wat van die lys verwyder is.