Kaapstad se energieprogam sal mettertyd beurtkrag uitfaseer

Die Stad Kaapstad se vierde Kaapstad-status van Energie- en Koolstof-verslag is vrygestel. Die verslag wil data-ryke bewyse vir besluitnemers en operasionele deursigtigheid in die energiesektor gee. Die burgemeesterskomiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê die verslag ondersoek hoe aspekte van elektrisiteit, vervoer en afval omgeskakel kan word in meer volhoubare operasies. Sy voeg by die stad vorder met die produksie van elektrisiteit uit afvalterrein-gas met die twee-megawatt afval-na-energie-projek.