Adv. Dali Mpofu appelleer teen sy vermeende-brandstigter-kliënt se geen borgtog

Die regsverteenwoordiger van die beweerde parlementêre brandstigter Zandile Mafe sê die verklaring wat hy na bewering voor die polisie gemaak het, is nie ‘n bekentenis nie. Advokaat Dali Mpofu sê Mafe het onder eed erken hy is gedwing om ‘n vals verklaring af te lê. Mpofu sê die staat kon nie Mafe se verklaring onder eed weerlê nie. Mpofu appelleer teen die afkeuring van Mafe se borgtogaansoek.