N$100 miljoen om Mpacha-lughawe op te gradeer

Sowat 100 miljoen Namibiese dollar is nodig om die Mpacha-lughawe by Katima Mulilo na internasionale standaard op te gradeer om toeriste en reisigers vir die Kavango Zambezi-oorgrensbewaringsgebied te ontvang. Volgens die direkteur van toerisme in die omgewingsministerie, Sebulon Chicalu, sal Namibië na verwagting vanjaar die KAZA UNIVISA-projek onderteken, wat daarop gemik is om toegang van toeriste tussen die vyf lande binne KAZA, naamlik Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe, te fasiliteer. Chicalu, wat deel is van die Namibiese afvaardiging wat die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland bywoon, het gesê dat daar ‘n behoefte is vir beide plaaslike en internasionale belegging in die opgradering van die Mpacha-lughawe. Die Namibiese Lughawensmaatskappy se se skakelbeampte, Dan Kamati, sê hulle werk saam die regering om die opgradering te verseker.