Tienerkwessies in Zambezi-streek ‘n uitdaging

Meisies so jonk as 13 jaar oud in die Zambezi-streek is besig met seksuele aktiwiteite met sogenaamde “blessers” so oud soos 50. Dit is deur die owerhede in die streek onthul na aanleiding van ‘n 15-jarige meisie wat verlede week in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord in verband met die dood van haar drie maande oue baba. Weens haar ouderdom is sy in die aanhouding van haar familie vrygelaat. Die baba was na bewering die gevolg van die tiener wat verkrag is. Jong meisies wat sogenaamde “blessers” gebruik vir ‘n bron van inkomste van voedsel, is al jare lank ‘n probleem en dit word net erger. Ingrid Husselmann, ‘n kinder-advokaat by die kantoor van die ombudsman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.