Eskom: Fase 2-beurtkrag ingestel

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag word weer van vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand ingestel ná ‘n opwekkingseenheid by beide Majuba- en Medupi-kragstasies onklaar geraak het. Volgens die kragvoorsiener word verwag dat drie opwekkingseenhede teen vanaand weer in werking sal wees. Eskom sê in ‘n verklaring daar is tans 2 246 MegaWatt se beplande instandhouding, maar nog 15 847 MegaWatt is weens stukkende eenhede nie beskikbaar nie. Eskom sê beurtkrag duur voort tot verdere kennisgewing.