Ekonoom maan oor kosprysstygings

Die ekonoom Dawie Roodt maan oor kosprysstygings oor die volgende paar maande weens die brandstofprysverhogings. Hy verwag ook werksverliese. Roodt sê hoewel die werkloosheidsyfer effens gedaal het, lê die ergste nog voor. Hy voeg by die enigste instrument tot die Reserwebank se beskikking is om rentekoerse te verhoog, maar ongelukkig sal dit oor die korttermyn […]

Read More

Clinton se prokureur vrygespreek van FBI-bedrogklag

‘n Kuberveiligheidsprokureur, Michael Sussmann, wat die Hillary Clinton-veldtog in 2016 verteenwoordig het, is vrygespreek op aanklagte dat hy vir die FBI gelieg het. Die 58-jarige Sussman is daarvan beskuldig dat hy vir ondersoekers gelieg en sy bande met Clinton se veldtog geheim gehou het. Hy het op daardie stadium moontlike skakels ondersoek tussen Russiese amptenare […]

Read More

Nadal klop Djokovic in Franse Ope

Tennis: Die 21-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, is deur na die Franse Ope se halfeindronde. Hy het die verdedigende kampioen en sy teenstander van baie jare, Novak Djokovic, met 6-2, 4-6, 6-2 en 7-6 verslaan. Met Djokovic wat uitgeskakel is, kan Nadal met twee oorwinnings die rekord van 14 Roland Garros-titels en ‘n 22ste Major-kroon […]

Read More

DA: Brandstofprysstyging is ‘n misdaad

Die DA sê die verlenging van die een Suid-Afrikaanse rand 50 sent verligting in die brandstofheffing wys presies hoe onnodig die heffing is. Die party se woordvoerder, Kevin Mileham, sê die ANC-regering gebruik die sentraal-beheerde brandstofprys om Suid-Afrikaners uit te buit en van hul geld te beroof. Mileham voeg by die uitwerking van die petrolprysverhoging […]

Read More

Landbou-slypskool oor sprinkaanplae deur FAO aangebied

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies, die Namibiese landbouministerie en ander belanghebbendes sal ‘n werkswinkel aanbied wat vandag begin en tot môre duur. Die werkswinkel sal fokus op die verbetering van die regering se agenda vir die bou van veerkragtigheid in streke wat deur sprinkaanplae geraak word. Die opleiding sal gefasiliteer word rakende […]

Read More

Spesiale Ondersoek-eenheid fynkam staatskapingverslag

Die Spesiale Ondersoek-eenheid se hoof, Andy Mothibi, sê hulle ondersoek reeds sommige van die staatskapingsverslag se bevindings en bewerings by verskeie instellings in staatsbesit, insluitend Transnet, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Eskom en Denel. Die SOE het ‘n komitee aangewys om die verslag te bestudeer en sake uit te wys wat verder ondersoek sal word, om seker […]

Read More

Rupert verkoop diamantbelange in SA

Blink klippies wink nie meer vir die Reinet Inestment-beleggingsgroep waarin die Rupert-familie van Johann Rupert groot belang het nie. Reinet het in sy resultate vir die jaar tot einde Maart aangekondig verlede maand is ‘n transaksie afgehandel om sy belang in Jagersfontein en Rooipoort te verkoop. Dit is twee projekte waarin Reinet vir tien jaar […]

Read More

Zimbabwiërs verkoop glo hul tone

In Zimbabwe het mense glo begin om hul tone vir duisende dollar te verkoop. Dit is na bewering weens die hoë lewenskoste en werkloosheid. Volgens berigte word tone teen 40 000 dollars gekoop, terwyl kleiner tone vir 20 000 gaan. Op sosiale media gons dit oor mense wat hul tone vir rituele verkoop. Eddie Cross, […]

Read More

Besluite oor aborsie moet versigtig geneem word

‘n Afgetrede weermag-generaal het die verhore oor aborsie in die Zambezi-streek bygewoon. Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake het begin met die openbare verhore oor die wettiging en nie-wettiging van aborsie in die Zambezi- en Kavango-streke. ’n Afvaardiging van parlementslede onder leiding van Amelia Amupewa is tans in die Zambezi-streek vir […]

Read More

Toerisme in Wes-Kaap toon herstel

Die jongste verslag van Wesgro oor die April 2022-toerisme-prestasie-statistiek toon ‘n bestendige herstel vir die Wes-Kaapse toerisme- en gasvryheidsektor oor die Paasseisoen. Volgens die hoofbestuurder van Wesgro, Wrenelle Stander, weerspieël April se maandelikse verslag herstel by sleutel-bestemmings, sowel as ‘n styging in lugpassasier-verkeer. Stander sê Kaapstad en die Wes-Kaap bly gewilde bestemmings vir internasionale toeriste […]

Read More