Clinton se prokureur vrygespreek van FBI-bedrogklag

‘n Kuberveiligheidsprokureur, Michael Sussmann, wat die Hillary Clinton-veldtog in 2016 verteenwoordig het, is vrygespreek op aanklagte dat hy vir die FBI gelieg het. Die 58-jarige Sussman is daarvan beskuldig dat hy vir ondersoekers gelieg en sy bande met Clinton se veldtog geheim gehou het. Hy het op daardie stadium moontlike skakels ondersoek tussen Russiese amptenare en die Donald Trump-veldtog. Sussmann sê hy is verlig dat sy naam in ere herstel is.