Besluite oor aborsie moet versigtig geneem word

‘n Afgetrede weermag-generaal het die verhore oor aborsie in die Zambezi-streek bygewoon. Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake het begin met die openbare verhore oor die wettiging en nie-wettiging van aborsie in die Zambezi- en Kavango-streke. ’n Afvaardiging van parlementslede onder leiding van Amelia Amupewa is tans in die Zambezi-streek vir openbare verhore oor aborsie met die gemeenskap. Patrick Mampole sê die besluit oor die kwessie moet met omsigtigheid geneem word.