Nadal klop Djokovic in Franse Ope

Tennis: Die 21-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, is deur na die Franse Ope se halfeindronde. Hy het die verdedigende kampioen en sy teenstander van baie jare, Novak Djokovic, met 6-2, 4-6, 6-2 en 7-6 verslaan. Met Djokovic wat uitgeskakel is, kan Nadal met twee oorwinnings die rekord van 14 Roland Garros-titels en ‘n 22ste Major-kroon verbeter. Die Spanjaard kom nou teen Alexander Zverev van Duitsland te staan wat met die tiener-sensasie, Carlos Alcaraz, afgereken het.