Zimbabwiërs verkoop glo hul tone

In Zimbabwe het mense glo begin om hul tone vir duisende dollar te verkoop. Dit is na bewering weens die hoë lewenskoste en werkloosheid. Volgens berigte word tone teen 40 000 dollars gekoop, terwyl kleiner tone vir 20 000 gaan. Op sosiale media gons dit oor mense wat hul tone vir rituele verkoop. Eddie Cross, ‘n ekonoom in Zimbabwe sê mense wat hul tone verkoop weens hoë lewenskoste is nie waar nie, want volgens hom gaan dit beter met die ekonomie. Cross gesels met Kosmos 94.1 Nuus.