Ekonoom maan oor kosprysstygings

Die ekonoom Dawie Roodt maan oor kosprysstygings oor die volgende paar maande weens die brandstofprysverhogings. Hy verwag ook werksverliese. Roodt sê hoewel die werkloosheidsyfer effens gedaal het, lê die ergste nog voor. Hy voeg by die enigste instrument tot die Reserwebank se beskikking is om rentekoerse te verhoog, maar ongelukkig sal dit oor die korttermyn ‘n negatiewe uitwerking hê op die ekonomie.