Museum van Namibiese Mode open vandag op Otjiwarongo
Die Museum-vereniging van Namibië en sy vennote, die Gerda Henkel-stigting en die onderwysministerie nooi alle Namibiërs uit om nou om tien-uur vanoggend die virtuele bekendstelling van die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo by te woon. Die Museum van Namibiese Mode word amptelik deur Faustina Caley, die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur bekend […]
Kelly Khumalo se prokureur gaan aansoek indien oor skokkende bewerings
Die Suid-Afrikaanse sanger Kelly Khumalo se prokureur Magdalene Moonsamy sê hulle gaan ‘n aansoek indien teen die bewerings deur die verdedigingsprokureur, Malesela Teffo, in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria. Teffo, wat die advokaat vir die eerste vier beskuldigdes is, het gesê hy sal ‘n ooggetuie bring wat kan getuig dat Khumalo haar kêrel, Bafana Bafana-doelwagter […]
Iga Swiatek deur na halfeindronde van Franse Ope
Tennis: Die wêreld se nommer een-speler, Iga Swiatek van Pole, gaan vandag Daria Kasatkina in die voorlaaste ronde van die Franse Open die stryd aansê. Die kampioen van 2020 het die Amerikaner Jessica Pegula in die kwarteindronde uitgeskakel, terwyl Kasatkina te goed was vir haar landgenoot Veronica Kudermetova. Die ander halfeindstryd sal beslis word tussen […]
ACDP: Durbanse hawe mag nie wanfunksioneel raak
Die African Christian Democratic Party sê die regering mag nie toelaat dat die Durbanse hawe wanfunksioneel raak nie. Die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal het omvattende skade veroorsaak aan paaie wat na die hawe lei. Dié hawe is een van die besigste skeepsterminusse in Afrika en ‘n belangrike uitvoersentrum vir onder andere metale en landbouprodukte. Die […]
Ouers van slagoffers van vermeende pedofiel verlig hy kry nie borg
Die ouers van die slagoffers van die vermeende pedofiel,die 50-jarige Johann Maree, is verheug dat sy borgtog-appèl onsuksesvol was. Die voormalige polisiereservis wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns seksueel misbruik en pornografiese materiaal van hulle op die donker web verfilm en verkoop het, sal agter tralies bly nadat sy borgtog-appèl deur die Regter […]
Vier mense doodgeskiet by hospitaal in Oklahoma
Vier mense is doodgeskiet en talle is beseer by die Saint Francis-hospitaal in Tulsa, Oklahoma. Die skietvoorval volg nadat 19 kinders en twee onderwysers by ‘n laerskool in Texas dood is toe ‘n 18-jarige gewapende man met ‘n semi-outomatiese geweer op hulle losgebrand het. Die Withuis sê president Joe Biden is van die voorval in […]
Kommer oor opskorting van vlugte van British Airways en Kulula
Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, is bekommerd oor die negatiewe uitwerking wat die opskorting van alle Comair-vlugte op plaaslike toerisme sal hê. Comair, wat die vlugte van British Airways en Kulula in Suid-Afrika bestuur, het Dinsdagaand al sy vlugte weens gebrek aan fondse opgeskort. Die lugredery hanteer sowat 40 persent van Suid-Afrika se […]
Marin Cilic deur na halfeindronde van Franse Ope
Tennis: Marin Cilic van Kroasië is deur na sy eerste halfeindronde van die Franse Ope. Hy het die sewende gekeurde Andrey Rublev van Rusland met 5-7, 6-3, 6-4, 3-6 en 7-6 verslaan. Die 33-jarige Cilic is slegs die vyfde aktiewe speler wat die halfeindstryd van al vier Grand Slams bereik. Die ander is Roger Federer, […]
Namibiese weermag vier vandag sy 32ste bestaansjaar op Grootfontein
Die Namibiese weermag vier vandag sy 32ste bestaansjaar. ‘n Militêre parade sal ter viering van die herdenking op Grootfontein gehou word. ‘n Militêre geweersalvo van 15 skote sal by die Dimo Hamaambo-garnisoen by die militêre basis op Grootfontein afgevuur word. Die weermag maan inwoners van Grootfontein in ‘n mediaverklaring om nie paniekerig te raak as […]
Byna 10 miljoen jongmense in SA as ekonomies onaktief beskou
Die voorspraak-groep Youth Capital het weer eens sy kommer uitgespreek oor die aantal werklose jeugdiges in Suid-Afrika. Statistiek toon byna 10 miljoen jong mense in die land word as ekonomies onaktief beskou. Die organisasie se woordvoerder, Clerah Sithole, glo die sleutel is om volhoubare werksgeleenthede te skep wat die jeug op die langtermyn kan bevoordeel.