Vier mense doodgeskiet by hospitaal in Oklahoma

Vier mense is doodgeskiet en talle is beseer by die Saint Francis-hospitaal in Tulsa, Oklahoma. Die skietvoorval volg nadat 19 kinders en twee onderwysers by ‘n laerskool in Texas dood is toe ‘n 18-jarige gewapende man met ‘n semi-outomatiese geweer op hulle losgebrand het. Die Withuis sê president Joe Biden is van die voorval in kennis gestel. Die adjunk-polisiehoof, Eric Dalgleish, sê die aanvaller het homself doodgeskiet wat die sterftes op vyf te staan bring.