Ouers van slagoffers van vermeende pedofiel verlig hy kry nie borg

Die ouers van die slagoffers van die vermeende pedofiel,die 50-jarige Johann Maree, is verheug dat sy borgtog-appèl onsuksesvol was. Die voormalige polisiereservis wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns seksueel misbruik en pornografiese materiaal van hulle op die donker web verfilm en verkoop het, sal agter tralies bly nadat sy borgtog-appèl deur die Regter Dinah Usiku in die hoërhof van die hand gewys is. Maree se verhoor sal na verwagting in Julie begin met 75 klagte teen hom. Carmen Steyn, wat deel is van ‘n protesgroep wat teen Maree se borgtog betoog het, het haar reaksie so verwoord.