Kommer oor opskorting van vlugte van British Airways en Kulula

Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, is bekommerd oor die negatiewe uitwerking wat die opskorting van alle Comair-vlugte op plaaslike toerisme sal hê. Comair, wat die vlugte van British Airways en Kulula in Suid-Afrika bestuur, het Dinsdagaand al sy vlugte weens gebrek aan fondse opgeskort. Die lugredery hanteer sowat 40 persent van Suid-Afrika se binnelandse lugvaartmark. Sisulu sê Comair se opskorting kom op ‘n ongeleë tyd met gesinne wat voorberei vir die skoolvakansie en sommige oorsese reisigers wat hul somervakansie in die land wil deurbring.