ACDP: Durbanse hawe mag nie wanfunksioneel raak

Die African Christian Democratic Party sê die regering mag nie toelaat dat die Durbanse hawe wanfunksioneel raak nie. Die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal het omvattende skade veroorsaak aan paaie wat na die hawe lei. Dié hawe is een van die besigste skeepsterminusse in Afrika en ‘n belangrike uitvoersentrum vir onder andere metale en landbouprodukte. Die ACDP-woordvoerder, Keeno Petersen, sê die hawe is belangrik vir die ekonomie want dit dra 11 persent by tot die provinsie se bruto binnelandse produk.