Marin Cilic deur na halfeindronde van Franse Ope

Tennis: Marin Cilic van Kroasië is deur na sy eerste halfeindronde van die Franse Ope. Hy het die sewende gekeurde Andrey Rublev van Rusland met 5-7, 6-3, 6-4, 3-6 en 7-6 verslaan. Die 33-jarige Cilic is slegs die vyfde aktiewe speler wat die halfeindstryd van al vier Grand Slams bereik. Die ander is Roger Federer, Rafael Nadal, Novak Djokovic en Andy Murray. Cilic kom môre teen die agste gekeurde Noorweër, Casper Rudd, te staan vir ‘n plek in die eindstryd. In die ander halfeindstryd sal die 13-malige Roland Garros-kampioen, Rafael Nadal, en die wêreld se nommer drie, die Duitser Alexander Zverev, sake uitspook.