Oekraïnse sokkerspan wil Sokker Wêreldbeker toe gaan
Sokker: Oekraïne en Wallis sal Sondag sake uitspook vir ‘n plek in die 2022 Wêreldbeker in Katar. In hulle eerste wedstryd sedert die Russies inval begin het, het Oekraïne vroeër die Skotte met 3-1 afgeransel in Glasgow. Oekraïne het nou na vyf probeerslae verder gevorder as ‘n gelykop Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryd nadat hulle in 1997, 2001, 2009 […]
Vierde Industriële Revolusie-konferensie en -ekspo volgende week aangebied
Na die aanstelling van agt lede van Namibiese Vierde Industriële Revolusie-taakmag deur President Hage Geingob op 01 Julie 2021 vir ‘n tydperk van twaalf maande, sal die taakmag en ander belanghebbendes gasheer wees van die eerste Namibiese Vierde Industriële Revolusie-konferensie en -ekspo van 7 tot 8 Junie 2022 in Windhoek. Die tema vir die konferensie […]
Voëls vernietig mahangu-landerye in Noorde
Mahangu-boere in die noorde van Namibië het tans ‘n uitdaging met krieke en voëls wat hul mahangu-landerye vernietig. Dit is ‘n groot kopseer vir mahangu-boere. Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala het gesê hy het die kwessie by die landbouministerie gerapporteer. Intussen het hy boere aangemoedig om voëlverskrikkers teen die voëls in te span. […]
Voorbereidings vir Koningin Elizabeth se platinum-jubileum goed op dreef
Voorbereidings vir die viering van Koningin Elizabeth se platinum-jubileum, is goed op dreef. Die vier dae van feesvier begin met ‘n vaandelparade waarby meer as 1 200 offisiere en soldate, 200 perde en honderde militêre musici betrokke sal wees. Daarna sal die koningin haar tradisionele verskyning op die balkon maak tydens ‘n verbyvlug deur straalvliegtuie. […]
Iga Swiatek gereed vir halfeindstryd
Tennis: Die laaste vier vroue sê mekaar vandag die stryd aan om die twee plekke in Saterdag se eindstryd van die Franse Ope. Die wêreld se nommer een-speler, Iga Swiatek van Pole, kom te staan teen Daria Kasatkina van Rusland, en die Italianer Martina Trevisan pak die Amerikaner Coco Gauff. Swiatek gaan probeer om haar […]
MTC se inkomste styg
Die Namibiese mobiele telekommunikasie-maatskappy MTC het 395,7 miljoen Namibiese dollar wins na belasting vir die ses maande tot 31 Maart 2022 aangeteken. MTC se inkomste vir die tydperk het met 5,3 persent op ‘n jaargrondslag gestyg tot 1,46 miljard dollar. Dit is grootliks aangedryf deur voorafbetaalde inkomste, wat met 6,8 persent op ‘n jaargrondslag gegroei […]
Naretu handig petisie oor aan Coleman Transport
Die Namibian Revolutionary Transport Union se sekretaris-generaal het bevestig werkers van vervoermaatskappye hou tans ‘n protesoptog in die hoofstad. Die omstrede vervoervakbond het vanoggend onder die brug by die Van Eck-kragstasie byeen gekom vir hul protesoptog. Hulle is tans by Coleman Transport waar hulle ‘n petisie oorhandig. Die sekretaris-generaal van Naretu, Peterson Kambinda …
VSA sê Oekraïne sal nie sy wapens in Russiese grondgebied gebruik
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Oekraïne het die versekering gegee hy sal nie langafstand-wapenstelsels wat deur Washington verskaf is, teen teikens op Russiese grondgebied gebruik nie. Amerika is voornemens om meer gevorderde artillerie-stelsels na Oekraïne te stuur. Rusland beskuldig Amerika egter dat hy die konflik aanblaas. Blinken sê in reaksie hierop […]
Twee SA gholfspelers verloor borgskap
Gholf: Die Royal Bank of Canada het sy borgskap aan Dustin Johnson en Graeme McDowell onttrek ná hulle besluit om aan die Saoedi-ondersteunde internasionale LIV-reeks deel te neem. Johnson, die tweemalige major-kampioen, is deel van die toernooi wat volgende week by die Centurion-klub in Hertfordshire, Londen, plaasvind. Intussen het die voormalige wêreld-nommer-een, Rory McIlroy, sy […]
Militêre parade op Grootfontein vier NDF se 32ste bestaansjaar
‘n Militêre parade sal vandag ter viering van die herdenking van die Namibiese weermag se 32ste bestaansjaar op Grootfontein gehou word. ‘n Militêre geweersalvo van 15 skote sal by die Dimo Hamaambo-garnisoen by die militêre basis op Grootfontein afgevuur word. Martin Tomas, die woordvoerder van die NDF maan inwoners van Grootfontein in ‘n mediaverklaring om […]