VSA sê Oekraïne sal nie sy wapens in Russiese grondgebied gebruik

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Oekraïne het die versekering gegee hy sal nie langafstand-wapenstelsels wat deur Washington verskaf is, teen teikens op Russiese grondgebied gebruik nie. Amerika is voornemens om meer gevorderde artillerie-stelsels na Oekraïne te stuur. Rusland beskuldig Amerika egter dat hy die konflik aanblaas. Blinken sê in reaksie hierop President Joe Biden het sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, duidelik ingelig oor die gevolge van Moskou se inval.