Iga Swiatek gereed vir halfeindstryd

Tennis: Die laaste vier vroue sê mekaar vandag die stryd aan om die twee plekke in Saterdag se eindstryd van die Franse Ope. Die wêreld se nommer een-speler, Iga Swiatek van Pole, kom te staan teen Daria Kasatkina van Rusland, en die Italianer Martina Trevisan pak die Amerikaner Coco Gauff. Swiatek gaan probeer om haar 34ste agtereenvolgende oorwinning te behaal en word as die algehele gunsteling vir die titel beskou.