Voorbereidings vir Koningin Elizabeth se platinum-jubileum goed op dreef

Voorbereidings vir die viering van Koningin Elizabeth se platinum-jubileum, is goed op dreef. Die vier dae van feesvier begin met ‘n vaandelparade waarby meer as 1 200 offisiere en soldate, 200 perde en honderde militêre musici betrokke sal wees. Daarna sal die koningin haar tradisionele verskyning op die balkon maak tydens ‘n verbyvlug deur straalvliegtuie. Die aand sal die koningin ‘n spesiale seremonie by Windsor-kasteel lei, wanneer die hoof- jubileumbaken aangesteek word.