Oekraïnse sokkerspan wil Sokker Wêreldbeker toe gaan

Sokker: Oekraïne en Wallis sal Sondag sake uitspook vir ‘n plek in die 2022 Wêreldbeker in Katar. In hulle eerste wedstryd sedert die Russies inval begin het, het Oekraïne vroeër die Skotte met 3-1 afgeransel in Glasgow. Oekraïne het nou na vyf probeerslae verder gevorder as ‘n gelykop Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryd nadat hulle in 1997, 2001, 2009 en 2013 onsuksesvol probeer het. Skotland se mans kon weer nie  vir die Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle het dit in 1998 laas reggekry.