Voëls vernietig mahangu-landerye in Noorde

Mahangu-boere in die noorde van Namibië het tans ‘n uitdaging met krieke en voëls wat hul mahangu-landerye vernietig. Dit is ‘n groot kopseer vir mahangu-boere. Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala het gesê hy het die kwessie by die landbouministerie gerapporteer. Intussen het hy boere aangemoedig om voëlverskrikkers teen die voëls in te span. Endjala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.