Politieke ontleder: Ramaphosa kan nog politieke aanvalle verwag

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Theo Venter, sê President Cyril Ramaphosa kan nog politieke aanvalle verwag in aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Desember. Dit volg nadat die voormalige spioenbaas Arthur Fraser ‘n saak van beweerde geldwassery, regsverydeling en ontvoering teen die president aanhangig gemaak het. Dit hou verband met die beweerde diefstal in […]

Read More

Glencore het betaal om staatsoudits te vermy

Daar is bevind die mynonderneming Glencore het betaal om staatsoudits te vermy en regsgedinge te laat verdwyn. Die firma het skuld beken aan omkopery, korrupsie en prysmanipulasie. Daar word onder meer berig die onderneming het ook amptenare in verskeie lande omgekoop. Die hoof van ondersoeke by Open Secrets, Michael Marchant, het ‘n beroep op wetstoepassers […]

Read More

Pres. Joe Biden vra verbod op aanvalswapens

Die Amerikaanse President Joe Biden het ‘n beroep op die Kongres gedoen om aanvalswapens en hoë-kapasiteit-magasyne te verbied. Dit volg ná die massa-skietvoorvalle in Buffalo New York, Uvalde Texas, en Tulsa Oklahoma. Hy sê as die Kongres dit nie kan verbied nie, moet die ouderdom waarop dit gekoop mag word, van 18 tot 21 verhoog […]

Read More

Arbeidskenner reageer op Namibiese werkloosheid

Werkloosheid bly ‘n groot bekommernis in Namibië, veral omdat daar nie baie is wat gedoen kan word om die kwessie te takel nie. Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner , het gesê daar is gesprekke oor hoe om werkloosheid te takel, maar nie veel is gedoen nie. Die Verenigde Nasies bereken Namibië se werkloosheidsyfer onder die jeug […]

Read More

SA Menseregtekommissie gaan Steve Hofmeyr aankla

 Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê hy gaan ‘n saak maak teen die Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, wanneer die Gqeberha hooggeregshof vandag in die Oos-Kaap as ‘n Gelykheidshof sit. Hofmeyr het hom in April in ‘n video uitgelaat teen Disney se voorneme om sy inhoud meer LGBTIQ+ inklusief te maak. Hy het gesê Disney moedig hierdeur bestialiteit […]

Read More

Europese Kommissie bekommerd oor Rusland koringvoorraad blokkeer

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê dis skokkend om te sien hoe die Russiese President, Vladimir Putin, doelbewus die wêreld se koringvoorraad blokkeer. Oekraïne se Swart See-hawens word sedert die Russiese inval in Februarie geblokkeer en 20 miljoen ton graan lê in dié hawens. Rusland en Oekraïne lewer byna ‘n derde […]

Read More

Iga Swiatek en Coco Gauff takel mekaar in eindstryd in Franse Ope

Tennis: Die wêreld se nommer een, Iga Świątek van Pole, en die Amerikaanse tiener, Coco Gauff, spook môre sake uit in die Franse Ope-eindstryd in Parys. Świątek’s spog met 34 agtereenvolgende oorwinnings nadat sy in slegs 64 minute met die Rus, Daria Kasatkina, afgereken het deur haar met 6-2 en 6-1 te verslaan. Die 18-jarige […]

Read More

Styging van brandstofprys het groter impak op sekere sektore

Die styging van brandstofpryse raak ieder en elk in die land, direk of indirek. Tog is daar diegene wat meen dit word deur sommiges meer as deur ander gevoel. Dr. Leake Hangala, ‘n bekende sakeman in die konstruksie- en mynbou-sektor het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het gesê dat die brandstofprysstyging ‘n impak op alle […]

Read More

Namibiese junior sjefs wen brons medalje in VAE

Namibië se span junior sjefs het ‘n brons medalje by die African Culinary Cup by die Wêreld Sjefskongres in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate gewen. Die ses spanne wat meegeding het is Egipte, Ghana, Namibië, Katar, Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate. Egipte is die wenner en Suid-Afrika die naaswenner. Die Namibiese span […]

Read More

Klag by Menseregtekommissie ingedien oor waterkrisis in Gqeberha

Die One South Africa Movement het ‘n formele klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die waterkrisis in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die beweging se aktivis, Mmusi Maimane, het die Nelson Mandelabaai-metro van menseregtevergrype beskuldig. Maimane het ‘n oorsigbesoek in Kwanobuhle gedoen en ontdek daar is net een gemeenskaplike kraan wat water aan duisende inwoners […]

Read More