Namibiese junior sjefs wen brons medalje in VAE

Namibië se span junior sjefs het ‘n brons medalje by die African Culinary Cup by die Wêreld Sjefskongres in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate gewen. Die ses spanne wat meegeding het is Egipte, Ghana, Namibië, Katar, Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate. Egipte is die wenner en Suid-Afrika die naaswenner. Die Namibiese span is Lize van der Merwe, Wilka Angula en Elizabeth Isai. Hulle is deur die president van die sjefsvereniging,  Elsa Carstens, en sjef en beoordelaar Sanet Prinsloo, vergesel.