SA Menseregtekommissie gaan Steve Hofmeyr aankla

 Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê hy gaan ‘n saak maak teen die Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, wanneer die Gqeberha hooggeregshof vandag in die Oos-Kaap as ‘n Gelykheidshof sit. Hofmeyr het hom in April in ‘n video uitgelaat teen Disney se voorneme om sy inhoud meer LGBTIQ+ inklusief te maak. Hy het gesê Disney moedig hierdeur bestialiteit aan onder kinders. Die kommissie sê die sanger se opmerkings kan lede van die LGBTIQ+ gemeenskap verneder en hulle reg op gelykheid en waardigheid aantas.