Klag by Menseregtekommissie ingedien oor waterkrisis in Gqeberha

Die One South Africa Movement het ‘n formele klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die waterkrisis in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die beweging se aktivis, Mmusi Maimane, het die Nelson Mandelabaai-metro van menseregtevergrype beskuldig. Maimane het ‘n oorsigbesoek in Kwanobuhle gedoen en ontdek daar is net een gemeenskaplike kraan wat water aan duisende inwoners verskaf. Hy het die kommissie aangemoedig om spoedig op te tree en die regering te dwing om stappe te doen voor die waterkrisis buite beheer raak.