Iga Swiatek en Coco Gauff takel mekaar in eindstryd in Franse Ope

Tennis: Die wêreld se nommer een, Iga Świątek van Pole, en die Amerikaanse tiener, Coco Gauff, spook môre sake uit in die Franse Ope-eindstryd in Parys. Świątek’s spog met 34 agtereenvolgende oorwinnings nadat sy in slegs 64 minute met die Rus, Daria Kasatkina, afgereken het deur haar met 6-2 en 6-1 te verslaan. Die 18-jarige Gauff het die ongekeurde Italianer, Martina Trevisan, met 6-3 en 6-1 afgeransel om haar eerste Grand Slam-eindstryd te haal. Die Amerikaner is die jongste Grand Slam enkelspel-finalis sedert Maria Sharapova Wimbledon in 2004 gewen het toe sy 17 jaar oud was.