Europese Kommissie bekommerd oor Rusland koringvoorraad blokkeer

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê dis skokkend om te sien hoe die Russiese President, Vladimir Putin, doelbewus die wêreld se koringvoorraad blokkeer. Oekraïne se Swart See-hawens word sedert die Russiese inval in Februarie geblokkeer en 20 miljoen ton graan lê in dié hawens. Rusland en Oekraïne lewer byna ‘n derde van die wêreld se koringvoorraad. Von der Leyen sê daar moet dringend opgetree word om die koring uit Oekraïne te kry.

https://iframe.iono.fm/e/1189916