Namibiese pensioenarisse se geld is glo môre in die bank
Sommige Namibiese pensioenarisse het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het nog nie hul pensioene ontvang nie. Volgens die ministerie van maatskaplike welsyn sal pensioenbetalings teen môreoggend gefinaliseer wees. ‘n Vertraging het glo tussen die ministeries van maatskaplike welsyn en finansies, en banke ontstaan, maar die betalings behoort teen môreoggend in pensioenarisse se rekening te […]
Corruption Watch bekommerd oor veiligheid van fluitjieblasers
Corruption Watch is bekommerd oor die veiligheid van fluitjieblasers. Dit volg op doodsdreigemente teen die Direkteur-generaal in die presidensie, Phindile Baleni. Volgens ‘n senior navorser by Corruption Watch, Melusi Ncala, is die regering steeds nie ernstig oor die kwessie van fluitjieblasers se veiligheid nie. Ncala sê hulle lewens is altyd in gevaar en enige dreigement […]
Gevalle van masels in Gauteng aangemeld
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, dr. Joe Phaahla, het ‘n beroep om kalmte en waaksaamheid van landsburgers gedoen ná gevalle van masels in Gauteng aangemeld is. Oor die laaste twee weke van Mei is vier gevalle van masels by persone in Gauteng vermoed en uiteindelik bevestig deur laboratoriumtoetse wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes uitgevoer […]
Sandra Prinsloo gaan op Rehoboth kuier
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans in die buurland is middel Junie op Rehoboth vir Storie-opnames deur hul voorsitter, die veteraan-aktrise, Sandra Prinsloo. Dit stigting is ‘n organisasie wat geletterdheid en bemagtiging in gemeenskappe bevorder deur verskeie projekte aan te bied. Met die nuwe reeks Storie-opnames fokus die stigting op die verskillende dialekte van Afrikaans. […]
UDM sê Ramaphosa moet opsy staan
Die United Democratic Movement het vandag ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om opsy te staan en sy kantoor tydelik te ontruim om ‘n behoorlike ondersoek na die beweerde diefstal van miljoene Amerikaanse dollars vanaf sy Limpopo-wildplaas moontlik te maak. Die party sê hy het die parlement gevra om ‘n paneel van afgetrede regters […]
Recycle Forum Namibia: Ondernemings vaar goed met plastiek-herwinning
Die Recycle Forum Namibia het gereageer op die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se onlangse bevindings wat daarop dui dat die jaarlikse produksie van fossielbrandstof-gebaseerde plastiek teen 2060 met 1,2 miljard ton sal toeneem. Volgens die organisasie word byna 100 miljoen ton plastiekafval in die omgewing toegelaat en veroorsaak skade aan ekostelsels en menslike […]
Harry Knoesen skuldig bevind aan hoogverraad
Die hooggeregshof in Middelburg het terroris Harry Johannes Knoesen skuldig bevind aan hoogverraad, aanhitsing om terreur-aanvalle in Suid-Afrika te pleeg, die inwin van steun en werwing van mense om terreur-aanvalle uit te voer, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Dit volg nadat Knoesen en vyf medepligtiges in 2019 saamgesweer […]
Stad Tshwane stel klimaat-aksieplan bekend
Die Stad Tshwane bereik môre ‘n mylpaal wanneer sy klimaat-aksieplan by die Universiteit van Pretoria van stapel gestuur word onder die tema, “Net-zero koolstof en klimaat-veerkragtige stad teen 2050”. Woordvoerder Sipho Stuurman sê dit is ‘n diepgaande toewyding tot ‘n toekoms-bestande Tshwane teen die skadelike uitwerking van klimaatsverandering terwyl dit verseker hulle verminder hul kweekhuisgas-uitlatings, […]
Capricorn-groep help Hope Village se winter warmer maak
Altesaam 45 Capricorn Group-werknemers, in hul rol as Changemakers, het die harte van meer as 70 kinders en versorgers by Hope Village in die Goreangab-gemeenskap in Windhoek verwarm, met ‘n skenking van meer as 90 komberse, 100 sokkies, mussies, serpe, handskoene, toiletware en doeke, terwyl hulle ook ‘n helpende hand verleen aan die opgradering van […]
Tekort aan rekenkundige beamptes by streeks- en plaaslike owerhede
Die Namibiese adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Natalia Goagoses het kommer uitgespreek oor die nie-beskikbaarheid van rekenkundige beamptes by die meeste streeksrade en plaaslike owerhede. Goagoses sê die gereelde skorsings van hoofstreeksbeamptes en hoof uitvoerende beamptes knou die bedrywighede van die geraakte plaaslike owerhede. Goagoses het opgemerk dat daar ‘n behoefte is vir die […]