Tekort aan rekenkundige beamptes by streeks- en plaaslike owerhede

Die Namibiese adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Natalia Goagoses het kommer uitgespreek oor die nie-beskikbaarheid van rekenkundige beamptes by die meeste streeksrade en plaaslike owerhede. Goagoses sê die gereelde skorsings van hoofstreeksbeamptes en hoof uitvoerende beamptes knou die bedrywighede van die geraakte plaaslike owerhede. Goagoses het opgemerk dat daar ‘n behoefte is vir die ministerie om die kwessies van aanstellings, skorsings en hernuwing van dienskontrakte van rekenkundige beamptes te ondersoek. Sy het gevra vir spanwerk en die versterking van kommunikasie tussen plaaslike owerheids-raadslede, personeellede en die gemeenskap wat hulle dien.