UDM sê Ramaphosa moet opsy staan

Die United Democratic Movement het vandag ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om opsy te staan en sy kantoor tydelik te ontruim om ‘n behoorlike ondersoek na die beweerde diefstal van miljoene Amerikaanse dollars vanaf sy Limpopo-wildplaas moontlik te maak. Die party sê hy het die parlement gevra om ‘n paneel van afgetrede regters saam te stel om die diefstal te ondersoek wat glo in Februarie 2020 plaasgevind het. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent, Fritz Platt, gesels uit Kaapstad.