Stad Tshwane stel klimaat-aksieplan bekend

Die Stad Tshwane bereik môre ‘n mylpaal wanneer sy klimaat-aksieplan by die Universiteit van Pretoria van stapel gestuur word onder die tema, “Net-zero koolstof en klimaat-veerkragtige stad teen 2050”. Woordvoerder Sipho Stuurman sê dit is ‘n diepgaande toewyding tot ‘n toekoms-bestande Tshwane teen die skadelike uitwerking van klimaatsverandering terwyl dit verseker hulle verminder hul kweekhuisgas-uitlatings, wat die oorsaak van aardverwarming is.