Recycle Forum Namibia: Ondernemings vaar goed met plastiek-herwinning

Die Recycle Forum Namibia het gereageer op die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se onlangse bevindings wat daarop dui dat die jaarlikse produksie van fossielbrandstof-gebaseerde plastiek teen 2060 met 1,2 miljard ton sal toeneem. Volgens die organisasie word byna 100 miljoen ton plastiekafval in die omgewing toegelaat en veroorsaak skade aan ekostelsels en menslike gesondheid. Plastiekbesoedeling is die hoof-oorsaak van vrektes onder miljoene seevoëls en meer as 100 000 mariene soogdiere elke jaar. Die verslag dui aan gesinchroniseerde wêreldwye pogings kan plastiekbesoedeling byna uitskakel teen 2060. Anita Witt van die Recycle Forum Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.