Capricorn-groep help Hope Village se winter warmer maak

Altesaam 45 Capricorn Group-werknemers, in hul rol as Changemakers, het die harte van meer as 70 kinders en versorgers by Hope Village in die Goreangab-gemeenskap in Windhoek verwarm, met ‘n skenking van meer as 90 komberse, 100 sokkies, mussies, serpe, handskoene, toiletware en doeke, terwyl hulle ook ‘n helpende hand verleen aan die opgradering van die sentrum. Bank Windhoek se besturende direkteur, Baronice Hans, en lede van haar uitvoerende bestuurspan het by die Changemakers aangesluit om hul ondersteuning aan Hope Village te wys.