Burgerlikes in die Oekraïne kry uiters swaar - December 9, 2022

Die huidige temperatuur in Kiëf is 0 grade met ligte sneeu en dit is ook half-12 in die Oekraïnse hoofstad. Die Russiese President Vladimir Putin het onderneem om nie aanvalle op die land se energie infrastruktuur te staak nie en daar is groot kommer oor die welstand van burgerlikes. Kira Rudik, ‘n parlementslid in die […]

Read More

Okh-ampsdraers word uiteindelik verkies - December 9, 2022

Vanoggend hou die Okahandja-dorpsraad uiteindelik sy raadsvergadering om ampsdraers vir sy 2023-termyn te verkies. Dit kom nadat dit onlangs uitgestel is en die dorp sonder enige ampsdraers was. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Belastingbetalersvereniging, Orpa, gepraat.

Read More

Noord-Kaapse leierskap geniet luukshede - December 9, 2022

Die DA in die Noord-Kaap sê hy is ten sterkste gekant teen die duur munisipale strategiese beplanningsessie wat die Sol Plaatje plaaslike munisipaliteit gereël het. Dit was aanvanklik van Sondag tot Dinsdag geskeduleer. ‘n Woordvoerder van die DA, Ockert Fourie, sê die munisipale bestuurder het ‘n afwykingsbevel van sowat 328 000 Suid-Afrikaanse rand vir ‘n […]

Read More

Iata sê Afrika-rederye sal N$11 miljard vanjaar verloor - December 9, 2022

Daar word verwag dat Afrika-lugrederye ‘n verlies van 11 miljard Namibiese dollar vanjaar sal aanteken wat volgende jaar sal daal tot 3,6 miljard Namibiese dollar. Volgens die jongste vooruitskattings van die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, was daar ook vanjaar passasier aanvraaggroei van 27,4 persent onder Afrika-lugrederye, wat kapasiteitsgroei van 21,9 persent oortref het. Iata verwag dat […]

Read More

Portugal oorweeg selfdood deur mediese bystand - December 9, 2022

Portugal se Parlement gaan vandag na verwagting wetgewing goedkeur wat selfdood met mediese bystand in sekere beperkte omstandighede toelaat. Die regering sê dit sal slegs toelaatbaar wees vir volwassenes wie se wense onlangs, uitdruklik, ernstig, uit vrye wil en ingelig uitgespreek is. ‘n Meningsopname het in 2019 bevind byna 90 persent van Portugal se bevolking […]

Read More

Burgemeester moet sê oor rioolstelsel wat reeds jare lank stukkend is - December 9, 2022

ActionSA in Gauteng het die burgemeester van die Ekurhuleni-metro, Tania Campbell, gevra om te verduidelik hoekom werk aan die onvoltooide rioolstelsels in Daveyton nog nie afgehandel is nie. Dit volg op jarelange beloftes van die stad om die werk klaar te maak. ‘n Woordvoerder van ActionSA, Siyanda Makhubo, sê die beskadigde waterpype het krake in […]

Read More

Brand ontstaan weer buite Windhoek - December 9, 2022

‘n Nuwe brand het by Farm Windhoek ontstaan, nader aan Luiperdsvallei. Daar is kommer omdat dit omtrent die laaste stukkie weiding is. Die weermag het ook reeds hulp gestuur. Die Adjunkbrandweerhoof by Stad Windhoek Kupaha Uazukuani, het die jongste.

Read More

Ou Lokasie-slagoffers moet erkenning kry - December 9, 2022

Swanu sê slagoffers van die sogenaamde Ou Lokasie-verskuiwings moet herdenk word. Die gemeenskap is op 10 Desember 1959 gedwing om die gebied, waar Hochlandpark en Pionierspark nou is, te verlaat na Katutura toe om die swart woonbuurt te stig. Elf mense is deur die polisie doodgeskiet en 44 beseer. Die ontslape vryheidstryd-leier Clemens Kapuuo moes omgepraat word om sy perseel te verlaat of hy was ook ernstig […]

Read More

Mexiko oorweeg asiel vir Peru se Castillo - December 9, 2022

Mexiko oorweeg dit om asiel toe te staan aan Peru se gewese president, Pedro Castillo. Die 53-jarige Castillo is vroeër die week in ‘n staat van beskuldiging geplaas en in hegtenis geneem nadat hy probeer het om die Parlement sonder die nodige grondwetlike gesag of politieke ondersteuning te ontbind. Castillo se regspan het Mexiko se […]

Read More

Suid-Afrikaner voor in Alfred Dunhill-beker - December 9, 2022

Dean Burmester van Suid-Afrika het ‘n eerste ronde van sewe onder syfer, 65, aangeteken en is met een hou voor Lukas Nemecz in die Alfred Dunhill-kampioenskap op Leopard Creek in Mpumalanga. Die voormalige kampioen, Branden Grace, is een van vyf spelers wat net twee houe agter die voorloper is. Burmester is verheug om weer terug […]

Read More