Sokker: SA word wel verteenwoordig by Wêreldbeker

Sokker: Victor Gomes en Zakhele Siwela sal Suid-Afrika later vanjaar as wedstryd-beamptes by die 2022 Wêreldbeker in Katar verteenwoordig. Gomes, wat in beheer was van vanjaar se onstuimige Afrika-nasiesbeker-eindstryd tussen Senegal en Egipte, is een van die 36 skeidsregters. Siwela, wat ook op die kantlyn aan diens was in die eindstryd, is een van 69 […]

Read More

Indongo Toyota ondersteun meisies van Dagbreek Spesiale Skool

Indongo Toyota het sanitêre doekies aan die Dagbreek Spesiale Skool in Windhoek oorhandig. Talle Namibiese meisies is dikwels afwesig by skole, omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie. Die Indongo Toyota-groep se bemarkingsbestuurder, Robin Smith, sê sy hoop elke meisie in nood kan gehelp word.

Read More

Gondwana stel Go2 Traveller Transfers bekend

Gondwana Collection Namibia het hul ‘Go2 Traveller Transfers’ bekendgestel wat dit vir toeriste maklik gaan maak om in Namibië te reis. Alle toeriste kan nou met gemak die klassieke toerisme-roetes besoek wat insluit die Visrivier-canyon, Namib- en Kalahari-woestyne, Damaraland, Swakopmund en die Etosha National Park. Gondwana Collection Namibia se handelsmerk-bemarkingsbestuurder, Jescey Visagie …

Read More

Agra spog met nuwe, groter tak op Okahandja

Die nuwe en verbeterde Agra-tak op Okahandja is vandag amptelik herbekendgestel. Die Agra Okahandja-tak is nou amptelik die grootste Agra-tak buite Windhoek. Die ontwikkeling bestaan nou uit die nuwe tak van 1 470 vierkante meter, ‘n nuwe voer-stoor van 1 000 vierkante meter en die geplaveide erf spog met ‘n oppervlakte van 4 750 vierkante […]

Read More

Ramaphosa kap diegene wat sê regering het niks om te wys

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die regering se pogings om armoede, werkloosheid en ongelykheid uit te skakel, verdedig. Ramaphosa het die jaarlikse Black Business Council-spitsberaad-ete in Midrand bygewoon. Hy sê mense moet eerder sê die glas is half-vol, nie leeg nie. Hy sê dit is onregverdig om te sê die regering het na 28 jaar niks om […]

Read More

Nasionale Raadslede soek bevordering van sport in alle streke

Parlementslede in die Nasionale Raad het ‘n beroep gedoen op die bevordering van sport in elke streek deur behoorlike fasiliteite te bou om in die behoeftes van die jeug te voorsien. Dit is tydens die debat oor die sportministerie se begroting bespreek, waar parlementslede gekla het dat die toekenning van 330 miljoen Namibiese dollar nie […]

Read More

IPC-raadslid van Otjiwarongo bedank uit bestuurskomitee

Die Independent Patriots for Change se plaaslike raadslid op Otjiwarongo, Fearika Botha, het uit die Otjiwarongo-munisipaliteit se bestuurskomitee bedank. Sy bly ‘n gewone raadslid. Sy en die voorsitter van die bestuurskomitee Godhardt Hoko het glo koppe gestamp. Botha gee haar redes vir bedanking aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Namibië gaan toerisme-beleggingskonferensie in Davos hou

Namibië gaan op 25 Mei by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, ‘n beleggingskonferensie vir Namibiese toerisme aanbied. Dit vind onder leiding van die toerisme-minister Pohamba Shifeta, plaas met ander sprekers, die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, die voormalige Namibiese Mej. Heelal, Michelle McLean, asook die besturende direkteur van Namibia […]

Read More

Meer as 400 skuld SA Inkomstediens R22 miljard

Meer as 400 individue skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 22 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die bedrag sluit kapitaalskuld, rente, boetes en bykomende belasting in. Die Inkomstediens wil oor die volgende drie-jaar ‘n program instel om inkomste te verhaal wat daarop gemik is om deur nakomings-aktiwiteite die algehele inkomste met tussen vyf- en tien-persent te verhoog. Terwyl die […]

Read More

Russiese kenner voorspel staatsgreep teen Putin

Vladimir Putin se top-veiligheidsbeamptes verstaan dat die oorlog in die Oekraïne ‘verlore’ is en ‘n staatsgreep is nou ‘n realistiese moontlikheid, het ‘n Russiese ontleder voorspel. Christo Grozev, ‘n Russiese kenner, glo dat top-veiligheidsbeamptes die meeste geneig is om Putin te probeer omverwerp, en hulle soek reeds maniere om hul geld en gesinne uit die […]

Read More