Hengari weer Donderdag in die hofJune 3, 2025
Die voormalige landbouminister Mac Hengari bly in aanhouding tot Donderdag, wanneer hy weer in die Windhoek-landdroshof sal verskyn, hangende ‘n beslissing deur die aanklaer-generaal. Uitspraak word verwag in ‘n kwessie oor Hengari se arrestasie en of hy in aanhouding moet bly. Verdedigingsadvokaat Patrick Kauta voer aan dat Hengari se inhegtenisneming op 26 April op ‘n aanklag van poging tot regsverydeliking onwettig was, en dat hy dus vrygelaat moet word. Hengari het na bewering ‘n vrou wat hom van verkragting beskuldig het probeer omkoop.